Local NewsNews

Familie sê dankie

Hennie Brink en sy familie het hul dank betuig aan almal wat 'n bydrae tot Hennie se operasiekoste en mediese behandeling gemaak het nadat hy in Junie in 'n motorfietsongeluk beseer is.

Hennie Brink en sy familie het hul dank betuig aan almal wat ‘n bydrae tot Hennie se operasiekoste en mediese behandeling gemaak het nadat hy in Junie in ‘n motorfietsongeluk beseer is.

Hulle het ook dankie gesê vir die morele ondersteuning en gebede van inwoners.

Sedert sy ongeluk het familie en wildvreemde mense gebid vir sy herstel en finansiële bydraes gemaak om sodoende die finansiële las wat die hospitaal- en mediese onkoste meegebring het, te verlig.

Die familie het gesê hulle waardeer alle belangstelling en barmhartigheid.

Hulle het ook hul dank gerig aan dr. G.F. van Zyl van Polokwane wat uit sy pad uitgegaan het om Hennie te akkomodeer.

Hulle sê ook dankie vir MediClinic Limpopo se personeel vir hul vriendelike en bekwame diens.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button