Local NewsNews

Studente laat speke sing vir goeie doel

Die Toer die Droom-fietsgroep van die Hervormde Gemeente Philadelphia het Polokwane Woensdag besoek as deel van hul jaarlikse fietstoer.

POLOKWANE – Die Toer die Droom-fietsgroep van die Hervormde Gemeente Philadelphia het Polokwane Woensdag besoek as deel van hul jaarlikse fietstoer.

“Dit is ‘n studentetoer wat elke jaar deur verskillende dorpe ry om geld in te samel,” het ds. Sanrie de Beer vertel.

“Ons doelwit is om R150 000 in te samel, wat gebruik sal word vir ‘n terapeutiese kamp vir getraumatiseerde kinders, Kinders in Nood (KIN) se Projek Broodaksie, Tswane Leadership Foundation en Diakonale Pleegsorg Huise.”

Die groep het op 28 Junie in Pretoria op hul fietse weggespring en ry daagliks na ‘n ander dorp of stad waar hulle dan by die hervormde gemeentes oornag.

In Polokwane het hulle by die Nederduitsch Hervormde Kerk Welgelegen-Pietersburg oorgeslaap nadat hulle ongeveer 45km ver met hul fietse vanaf Mokopane getrap het.

Daar is 25 lede in die groep en die jaar is besluit om deur die Bosveld te toer. Hulle het reeds dorpe soos Bela-Bela, Modimolle, en Mokopane besoek, en besoek verder Lephalale, Thabazimbi, Northam, Lichtenburg en Rustenburg. Hulle sal weer in Pretoria eindig.

Op Woensdag was hulle te sien by Platinum Park waar hulle geld ingesamel het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button