Local NewsNews

Yslike verrassing vir Good Hope

In 2001 het Nelson Mandela Good Hope Primary School in Westenburg amptelik geopen.

POLOKWANE – In 2001 het Nelson Mandela Good Hope Primary School in Westenburg amptelik geopen.

Verlede Vrydag het mense wêreldwyd hierdie staatsman se dood herdenk en as deel van hierdie eerbetoon het die DA ‘n vrieskas aan die skool geskenk.

“Verteenwoordigers van die DA het die skool verlede Woensdag besoek en gevra wat ons nodig het. Ons het gesê ons kan doen met ‘n vrieskas.

“Ek het nie gedink hulle sou dit vandag al vir ons kom aflewer nie,” het skoolhoof, Cindy Buys, verlede Vrydag gesê.

Jacques Smalle, die DA-leier in Limpopo, het gesê die SA wou graag die goeie voorbeeld van Mandela volg en sy goeie werk voortsit.

Daarom het hulle besluit om vir Good Hope Primary iets te gee wat hulle regtig nodig gehad het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button