Local NewsNews

Poppie vier 83 jaar van gesondheid

83 jaar gelede is 'n merkwaardige vrou in Swartruggens gebore. Haar naam is Poppie du Plessis en vandag woon sy in Polokwane

POLOKWANE – “Ek was in ‘n plaasskool in Swartruggens, dit was heerlike dae. Na skool het ek gaan werk as winkelassistent en ook later in die apteek.”

Sy vertel dat sy 58 jaar gelede mat Paul getroud is en dat hulle drie kinders, vyf kleinkinders en een agterklein kind het.

Paul is reeds oorlede en Pollie bly in Ons Tuiste se siekeboeg.

“Ek het in Junie verlede jaar geval en kan nou nie meer op my eie bly nie, maar ek het ‘n baie gesonde lewe gelei tot dusver.

“Ek is nog aktief en my vriendinne kom haal my gereeld sodat ons saam kan uitgaan.

“Soos nou het ek weer gehelp met die koekies bak vir die N.G. Moedergemeente se basaar.

“Ek hou baie van bak en het altyd beskuit gebak. Dit is vir my vreeslik lekker om in die kombuis te help en ons gesels en lag altyd lekker saam.”

Een van haar vriendinne, Magda Anderson, skerts en vertel dat Poppie dink sy is nog 50 jaar oud, en soms aangaan soos iemand van 40-jarige ouderdom.

Poppie lag saam en vertel dat sy nie 83 jaar oud voel nie en dat haar geheime resep besils haar gesonde leefwyse is.

“Eet gesond, oefen en moet nie rook nie. Bly besig, dan word jy ook nie so gou oud nie.”

 

 

 

 

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button