Local NewsNews

“Aanneem, Aanpas, Verbeter”

Pietersburg Tafelronde 22 Voorsitter, Gert Ehlers, vertel wat hulle as organisasie in 'n gemeenskap doen...

POLOKWANE – Tafelronde is ‘n internasionale organisasie vir jong mans, jonger as 40 jaar, wie deur hul beroeps- en-sakewerksaamhede ‘n verskil in die gemeenkap wil maak.

Ehlers sê deur ‘n verskeidenheid insamelingsprojekte word geldelike asook ander skenkings in die gemeenkskap ingesamel om weer aan behoefiges te skenk waar die nood druk. Tafelronde Internasionaal se leuse lui Aanneem, Aanpas, Verbeter,” verduidelik Ehlers.

Volgens Ehlers het Polokwane twee Tafelronde organisasies, naamlik Pietersburg 22 en Impala 157. Hy sê beide ondersteun die gemeenskap en werk met tye saam ten bate van gemeenskapsprojekte.

“Die gewilde Ala Carte-vertoning word byvoorbeeld deur Polokwane se twee tafels aangebied ten einde geld in te samel vir behoeftiges. Pietersburg 22 het tans 16 aktiewe lede wat uit onder meer besigheidspersone, professionele mense en selfs geneeshere bestaan,” sê Ehlers.

Hoogtepunte vir 2015 sluit verskeie projekte in soos die jaarlikse Catch 22-visvangprojek, die 4×4-naweek wat in samewerking met Silicon Smelters gehou word, die Winter Knights-geleentheid en die Silicon Smelters gholfdag waarby Pietersburg 22 ook betrokke is. Volgens Ehlers werk Silicon Smelters en Pietersburg 22 nou al jare saam om ‘n verskil in die gemeenskap te maak.

“Die totale waarde van die skenkings wat Pietersburg 22 gedurende 2015 aan verskeie instansies kon skenk, is R283 850.”

Volgens Ehlers gaan Pietersburg 22 weer hierdie jaar gedurende die winter die gemeenskap vra om hul harte en hande oop te maak om komberse, voedsel of kontant te skenk sodat dit weereens aan behoeftiges uitgedeel kan word.

“Ons wil elke jaar meer en meer mense warm laat slaap gedurende die winter,” sê Ehlers.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button