Local NewsNews

Karolien se juwele is uniek en anders

Die voorbladfoto van die Karolien Maarleveld Facebookblad, Fjiet Fjieuw spog met oorbelle wat met gare geborduur is; sy maak dit en ander juweliersware met die hand.

POLOKWANE – Karolien, wat aan Middelburg Hoërskool gematrikuleer het, het na skool by die Tshwane University of Technology, destydse Pretoria Technikon, haar Nasionale Diploma in juweelvervaardiging en ontwerp behaal.

“Ek het kuns van gr. 8 tot gr. 12 gehad en dit het my baie gehelp. “My liefde vir juwele het op skool begin. Ons kunsjuffrou was vreeslik oopkop en het ons blootgestel aan verskeie kunsvorme waaronder juwele maak geval het. Ons het elke Woensdag na Pretoria gery om te leer daarvan.”

Na ek studeer het, het ek by Michaelangelo Jewellers as ontwerper begin werk.”

Sy vertel dat na Michaelangelo Jewellers toegemaak het, het sy op haar eie begin werk. Volgens Karolien verskil hoe mens juwele maak in die verlede van hoe dit vandag gedoen word.

“Destyds was daar net sekere materiale wat mens kon gebruik. Vandag kan ‘n mens feitlik enige materiaal gebruik. Van silwer en goud tot lap en hout. Ongelukkig word plaaslike mense nie meer ondersteun nie en juwele en juweel-produkte word alles ingevoer,” vertel sy waar sy in die winkel, Piet My Vrou, sit en werk.

Karolien en ‘n vriendin, Venita Botes, bestuur saam die winkel waar hulle juwele maak asook verkoop. Hulle het ander kunstenaars wat ook van die spasie gebruik maak om hul werke uit te stal.

Karolien se handelsmerk se naam is Fjiet Fjieuw en haar styl is klassiek met ‘n “vintage” gevoel. Sy spesialiseer in halfedelstene en kralewerk. Sy maak ook unieke produkte soos oorbelle met borduurgare.

Karolien vertel dat mense ontwerpe na haar toe kan bring en dan maak sy juwele vir hulle. Min aanvrae is buite haar vermoë. “Mense bring vir my foto’s van honde dan maak ek juwele vir hulle,” vertel sy trots.

maretha@nmgroup.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button