Local NewsNews

Wat maak vrouwees vir jou lekker?

Die vraag oor wat ‘n vrou is, is iets wat dikwels gevra word, veral gedurende Vrouemaand en Review het met ‘n paar vroue gesels oor hoekom dit so lekker is om vrou te wees.

POLOKWANE – Teresa Pretorius vertel dat die vrou die hart van ‘n huishouding is.

“Die huishouding is so gesond soos die vrou wat dit bestuur. Sy is ‘n raadgewer, sy kan probleme hanteer en swaar laste dra. Sy is die draer van geluk, liefde en opinies. ‘n Vrou glimlag as sy einltlik wil skree, sing as sy wil huil, huil as sy gelukkig is en lag as sy bang is. ‘n Vrou veg vir dit waarin sy glo en neem ‘n standpunt teen onreg in. ‘n Vrou het ‘n sterk en edel persoonlikheid. As sy praat, is dit met wysheid; as sy leiding gee, is dit met liefde. Daar is net een ding verkeerd van vrouwees – ‘n vrou vergeet soms wat sy werd is.”

Teresa Pretorius.

Trudie Venter vertel dat ‘n vrou gelukkig is om ‘n wye keuse het van die verskeidenheid klere wat sy kan aantrek. “Jy hoef nie soos ‘n man elke dag ‘n broek en hemp te dra nie. Jy kan rokke en rompe ook dra.”

Marie Fraser sê omgee kom vir haar as vrou baie natuurlik.

Annemarie Janse van Rensburg vertel dat vrouwees lekker is aangesien jy saam met vriendinne kan kuier.

Trudie Venter, Marie Fraser en Annemarie Janse van Rensburg.

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button