Local NewsNews

Vrou sterk goed aan nadat honde haar aanval, verskeur

Die 59-jarige Ronelle Seitz wat Saterdag by haar huis in die stad deur haar twee Amerikaanse veghonde aangeval en verskeur is, sou na verwagting gister (Woensdag) haar tweede herkonstruksie-operasie in die Netcare Pholoso Hospitaal in die stad ondergaan. Familiewoordvoerder en lid van die nie-winsgewende organisasie Back On Your Feet (BOYF), Tess Riekert het Dinsdag gesê …

Die 59-jarige Ronelle Seitz wat Saterdag by haar huis in die stad deur haar twee Amerikaanse veghonde aangeval en verskeur is, sou na verwagting gister (Woensdag) haar tweede herkonstruksie-operasie in die Netcare Pholoso Hospitaal in die stad ondergaan.
Familiewoordvoerder en lid van die nie-winsgewende organisasie Back On Your Feet (BOYF), Tess Riekert het Dinsdag gesê Seitz sterk goed aan waar sy steeds in die hospitaal se chirurgiese saal behandeling ontvang.
Riekert sê die dokter sou glo tydens gister se operasie so veel moontlik van Seitz se kopvel probeer heg. Haar kopvel is byna heeltemal deur die honde afgeskeur en sy is ook aan haar lyf, bene en voete gebyt.

Ronelle Seitz in haar hospitaalbed na die voorval waartydens twee honde haar aangeval en verskeur het.

BOYF samel tans geld in om Seitz, wat geen mediese fonds het nie, vir so lank moontlik in Netcare Pholoso te hou sodat sy die beste behandeling moontlik kan ontvang. “Ons het reeds verskeie donasies ontvang. Ek kan nog nie met sekerheid sê hoeveel nie, maar in hierdie stadium is ons gelukkig dat sy in Netcare kan aanbly. Die familie is dankbaar vir die geld wat reeds ontvang is, maar verdere skenkings sal waardeer word omdat Ronelle waarskynlik verskeie opvolgoperasies sal moet ondergaan,” sê Riekert.
Riekert vertel van die voorval en sê Seitz het Saterdag by die huis aangekom toe sy by die kombuisdeur oor die trappies struikel en val. “Haar skoondogter het haar te hulp gesnel. Terwyl sy probeer het om Ronelle op te help het sy (Ronelle) na haar man geroep om ook hand by te sit. Die honde het waarskynlik nie van die struweling gehou en Ronelle aangeval,” sê Riekert.
Die enigste manier om die honde van Seitz af te hou was om hulle van kant te maak.
Sy is dieselfde dag in Netcare Pholoso opgeneem en het ‘n eerste operasie ondergaan.
Diegene wat ‘n bydrae wil maak kan geld in Back On Your Feet se rekening by FNB inbetaal. Die rekeningnommer is 62707950326 met die verwysing: Medical RS.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button