Local newsNews

Amateurs presteer met radio’s

Radio amateurs van Secunda neem gereeld aan kompetisies deel.

SECUNDA – By die Secunda Amateur Radioklub kom belangstellendes bymekaar en deel verskillende fasette van dié stokperdjie.

Volgens die voorsitter, mnr. Lucas Swart, is daar ongeveer 3 500 gelisensieerde radio-amateurs in Suid-Afrika en sowat 35 in die munisipale gebied.

Die aktiwiteite van radio-amaterus sluit in mense wat wêreldwyd met mekaar gesels, mense wat digitaal kommunikeer en mense wat tweerigtingradio’s versamel.

Jy kan by Secunda Amateur Radioklub aansluit deur ’n nominale jaarlikse fooi te betaal.

Nuwe radiotoerusting wat ’n mens benodig is nogal duur, maar daar is baie goeie gebruikte toerusting wat goedkoop aangeskaf kan word.

’n Mens moet eers ’n eksamen aflê om ’n lisensie te bekom om ’n radio-amateur te word.

Van die klublede is ook by noodkommunikasie betrokke en só het mnr. Gert Botha al gehelp toe ’n skip wat vanaf Richardsbaai na Mosselbaai onderweg was, nie met ’n ander skip wat reeds in Mosselbaai gewag het, kon kommunikeer nie.

“Hulle kon mekaar nie hoor nie, maar ek kon albei hoor en het toe as skakel gedien,” het mnr. Botha gesê.

Tydens die destydse tsoenami wat Thailand getref het, was dit radio-amateurs wat die boodskap aan nooddienste en ander partye oorgedra het.

As dié radio-amaterus se radio’s aan is, hoor hulle gereeld van noodgevalle wêreldwyd.

Radio-amateurs kan met dié stokperdjie verskeie sertifikate verwerf.

Daar is onder andere ’n sertifikaat as ’n mens in al nege streke waarin Suid-Afrika opgedeel is, op jou radio praat.

Secunda Radioklub reël gereeld uitstappies en het onlangs ’n radiostasie in Lesotho opgerig.

Hulle was ook al in Mosambiek, Botswana en Swaziland en het al aan ’n kompetisie deelgeneem waartydens die klub of span wat in ’n sekere tydperk met die meeste mense praat, wen.

Secunda Radioklub se lede het in vyf dae met 13 450 mense gepraat.

“Dan is daar vyf radio’s gelyk opgekoppel waarop ons lede praat,” het mnr. Swart gesê.

In nog ’n ander aktiwiteit, naamlik Summits on the Air, moet radio-amateurs hul toerusting in ’n rugsak pak en koppies klim en vanaf ’n sekere hoeveelheid koppies kontak maak met mense deur middel van hul radio’s.

Twee van Secunda Radioklub se lede, mnre. Swart en Sid Tyler, is twee van die eerste radio-amateurs wat 100 punte in ’n kompetisie behaal het.

Lede van dié klub neem binnekort aan ’n kompetisie op Harrismith deel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button