Local newsNews

Hendrico kort nog geld

Kogliêre inplanting kos R400 000.

SECUNDA – Mnr. Hannes en me. Wiekie Ackerman probeer steeds geld vir hul seuntjie, Hendrico (5), insamel.

Die Ridge Times het sowat twee jaar gelede oor Hendrico, wat net 10 persent gehoor het en ’n kogliêre inplanting nodig het, berig.

“Hy het op een en ’n half jaar steeds nie begin praat of gereageer as ’n mens hom roep nie.

“Ons het hom toe na ’n oudioloog en later na ’n spesialis in Pretoria geneem,” het mnr. Ackerman gesê.

Die spesialis het toetse gedoen en bevestig dat Hendrico doof is en hy het toe gehoorapparate in albei ore begin gebruik.

Dié stel hom in staat om 70 persent te hoor, maar Hendrico kan nie vlot praat nie weens sy gehoorprobleme.

’n Kogliêre inplanting sal hom help om heeltemal te hoor en hy moet dit binne die volgende jaar kry, anders sal dit nie effektief wees nie.

Dié operasie kos sowat R400 000.

Die gehoorinstutuut help tans die Ackermans om geld vir Hendrico se operasie in te samel en hulle het vanjaar die Sing tot ek jou Hoor Musiekfees op Secunda gereël, maar omdat hulle so min kaartjies verkoop het, moes hulle dit kanseleer.

Die onderneming Care Card het verlede week ’n tjek van R23 700 aan die Ackermans oorhandig.

“Hendrico was as baba baie siek en sy koors was hoër as 40 grade en ons vermoed dit kon die doofheid veroorsaak het,” het mnr. Ackerman gesê.

Hendrico is tans in Laerskool Goedehoop en sy ouers meen hy gaan volgende jaar sukkel met klanke en spelling as hy nie gou die operasie ondergaan nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button