Local newsNews

Plaaslike vleis smaak lékker

Mnr. Corrie de Vos, ’n plaaslike boer, het Sondag aan die Ultimate Beef Challenge in Hyde Park in Johannesburg deelgeneem. Corrie boer al 15 jaar met die Charolais-beesras en is bekend vir diere van goeie gehalte wat hy aan die mark voorsien. Die doel van die kompetisie was om die beesras met die smaaklikste vleis …

Mnr. Corrie de Vos, ’n plaaslike boer, het Sondag aan die Ultimate Beef Challenge in Hyde Park in Johannesburg deelgeneem.

Corrie boer al 15 jaar met die Charolais-beesras en is bekend vir diere van goeie gehalte wat hy aan die mark voorsien. Die doel van die kompetisie was om die beesras met die smaaklikste vleis te identifeseer.

Boere het beeste van verskillende rasse geskenk.

Dié beeste is op dieselfde dag en plek geslag, die vleis vir 28 dae verouder, in lendeskywe (sirloin) gesny en deur sjef Arnold Tanzer sonder sout of speserye tot medium-gaar gebraai.

Beoordelaars wat dié lendeskywe geproe het, het die Wagu-beesras as wenner en die Afrikaner as naaswenner aangewys.

In die derde plek was die Charolais wat deur Corrie geskenk is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button