SECUNDA – Mnr. Wynand (68) en me. Louise van Romburgh (66) verruil Secunda na 33 jaar vir Leeupoort in Limpopo.
Dié egpaar tree af en het besluit om hulle op ’n wildreservaat te vestig.
Mnr. Van Romburgh het vir 10 jaar by die verkeersafdeling gewerk en het in 1992 ’n skryfbehoefte-onderneming begin.
Die egpaar was vir 12 jaar die eienaars van Stamp and Card.
“Ek het die onderneming van die grond af tot waar dit nou is, opgebou,” het mnr. Van Romburgh gesê.
Sy skoondogter, me. Jenny van Romburgh, het nou dié onderneming by hom oorgekoop.
Mnr. en me. Van Romburgh is al vir 44 jaar getroud en het drie kinders en twee kleinkinders.
Hulle het die inwoners van Secunda by wie hulle nie persoonlik kon uitkom nie, gegroet.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!