AfriForum kies nuwe bestuur
Sluit by AfriForum aan en help veg vir beter dienslewering.

SECUNDA – Die organisasie AfriForum het Maandag, 13 Januarie hul eerste vergadering vir die jaar gehou en ’n nuwe bestuur gekies.
Me. Tokkie Reinecke is weer die voorsitter en mediaskakelbeampte en die ander bestuurslede is mnr. Garth Calitz (veiligheid), me. Elizma Labuschagne (sekretaris en tesourier), mnr. Ruan Lottering (Mpumalanga-koördineerder), me. Aranda Buitendag (veiligheid) en me. Joy van Staden (omgewingsake).
Volgens me. Reinecke gaan die tak vanjaar meer aandag op onwettige vryemarkhandel toespits en hulle beoog ook om mense wat nie permitte het nie en handel dryf met die samewerking van die munisipaliteit aan te spreek of te vewyder.
“Ons wil ons dorp skoon hou van onwettige verkopery.
“Mense mag net in gebiede wat deur die munisipaliteit uitgemerk en bepaal is, handel dryf,” het sy gesê.
Ander sake wat AfriForum aangespreek het, is riool wat steeds oorloop, onwettige rommelstorting en waterbesoedeling.
Hulle beplan ook om vanjaar meer lede te werf.
“Hoe meer lede ons het, hoe sterker staan ons en hoe grote ’n impak het ons oor swak dienslewering,” het me. Reinecke gesê.
Die tak sal weer in Februarie vergader, vir meer inligting, skakel me. Reinecke by 081 783 5761.