Local newsNews

Chris het talent

Chris maak ideale geskenke vir Vadersdag.

BETHAL – Mnr. Chris Janse van Rensburg is kunstig met leer en maak nou self leer produkte.

Hy was eers ’n paneelklopper , maar weens ’n siektestoestand met sy longe moes hy as ’n paneelklopper bedank het.

“Die dokter het vir my gesê dat die beste plek vir my gaan wees, is by die see,” het mnr. Janse van Rensburg gesê.

Hy en sy vrou, me. Anece Janse van Rensburg, is al vir agt maande getroud en sy skoonma het hom geleer om met leer te werk.

“Hy het vinnig geleer,” het sy vrou gesê.

Egte leer word gebruik om die goedere mee te maak.

Hy maak leer beursies, -belde, -motorfiets sakke, -armbande, -paspoort oortreksels en Bybel oortreksels.

Daar word op die beursies gegrafeer en op gedruk.

“Enige foto, naam of prent kan daarop gesit word,” het hy gesê.

Volgens mnr. Janse van Rensburg wil hy en sy vrou saam met die feeste in Suid-Afrika rondtoer en hul uitstallings daar gaan uistal.

’n Beursie of ’n beld sal die ideale Vadersdaggeskenk wees.

Vir meer ingligting en om te bestel, skakel mnr. Janse van Rensburg by 082 734 0614.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button