Lynette praat oor geestelike groei
Onderwerpe soos temperament, persoonlikheid en leierskapontwikkeling bespreek.
SECUNDA – Me. Lynette Beer is ’n lewensverreikingskonsultant wat landwyd kursusse aanbied.
Haar aanbiedings spreek verskeie aspekte van persoonlike ontwikkeling en leierskap, asook geestelike groei aan.
Me. De Beer het onlangs Laerskool Secunda se personeel toegespreek.
Met haar unieke, humoristiese aanbiedingstyl oor onderwerpe wat wissel van temperament, persoonlikheid en leierskapontwikkeling, het sy die personeel geïnspireer om die manier waarop hulle dink te verander.
Sy het aan die personeel verduidelik dat die doel van ’n onderwyser nie net is om inligting aan leerlinge oor te dra nie, maar om ’n verskil in elke kind se lewe te maak.
“Om hierdie verskil te kan maak, moet die onderwyser besef dat sy uniek is, maar elke kind is ook uniek in haar eie temperament, persoonlikheid en karakter,” het sy gesê.
Die vier persoonlikheidsgroepe is noukeurig verduidelik en die personeel gaan elke leerling se persoonlike behoeftes en denkrigtings ontleed en ontwikkel.
Die skool het mnr. Leon Fourie en me. Alet van der Merwe vir hul bydraes bedank.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
Vir nuus na jou selfoon:
BBM – 2667A726
WhatsApp – 0748877590



