Local newsNews

VLU Kaalspruit begin nuwe jaar

Voorstelle vir ’n nuwe komitee is gevra en die komitee vir 2016 is gekies.

Die Kaalspruittak van die Vroue Landbou-unie (VLU) het op 19 Januarie hul eerste vergadering gehad.

Hul het aan hul konferensie wat in Maart plaasvind se beplanning gewerk.

Elke lid het ’n rol gekry om vir die konferensie te vervul.

Voorstelle vir ’n nuwe komitee is gevra en die komitee vir 2016 is gekies.

Me. Rïette Pieterse is as die nuwe vise-voorsitter gekies en me. Marietjie Swart sal weer die voorsitter wees.

Me. Charlotte Jacobs is die nuwe tesourier en me. Sienie Loots die sekretaresse, terwyl me. Tersia Stander as skakelbeampte gekies is.

’n Lid van dié tak, me. Rina van Rensburg, het ’n demonstrasie gehou en gewys hoe om kolwyntjies mooi te versier sonder baie moeite.

Die volgende vergadering sal op 16 Februarie in die Hervormde Kerk se saal plaasvind.

 

Besoek gerus ons ander webtuistes hier:

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons Facebookblad en volg ons op Twitter.

Vir nuus wat na jou selfoon gestuur word:

BBM – 266F5BCC

WhatsApp – 0748872805

 

 

Me. Rina van Rensburg demonstreer hoe om kolwyntjies te versier.
Me. Rina van Rensburg demonstreer hoe om kolwyntjies te versier.

Related Articles

Back to top button