Local newsNews

Ermeloërs skenk nog water

Die gemeenskap het dadelik saamgestaan, van organisasies en ondernemings tot lede van die publiek wat 'n verskil gemaak het met 'n paar liter water.

Die Hoëvelder het twee weke gelede berig oor ‘n groep sakemanne wat die pleidooi van droogte-gesteisterde gebiede ter harte geneem het.

Hulle het verskeie ondernemings in die dorp genader vir hulp wat dit moontlik gemaak het om 4 500 liter water vir die mense in Senekal te stuur.

Die gemeenskap het dadelik saamgestaan, van organisasies en ondernemings tot lede van die publiek wat ‘n verskil gemaak het met ‘n paar liter water.

Op dié wyse is ná die eerste besending nog 9 515 liter bymekaargemaak.

Saam het Ermeloërs tot dusver 14 015 liter water en duisende rande ingesamel vir gebiede wat onder droogte gebuk gaan.IMG_1 IMG_2 IMG_4 IMG_5

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button