Hurwitz Farming hou veiling in The Bull Ring
Die kopers was onderskeidelik mnre. King Z.G. Zulu, Rohan Meintjies vir die koei en vers en Damian Roberts.
Hurwitz Farming het op 6 Augustus in The Bull Ring naby Ermelo/Davel ’n veiling gehou.
Die hoogste prys wat ’n bul behaal het was R120 000, die hoogste prys vir ’n koei R45 000, hoogste prys vir ’n vers R300 000 en hoogste prys vir ’n koei en kalf R135 000.
Die kopers was onderskeidelik mnre. King Z.G. Zulu, Rohan Meintjies vir die koei en vers en Damian Roberts.
Open Range Beefmasters het op 11 Augustus op die plaas Leeuwkop naby Devon ’n veiling gehou.
Mnr. Jan van Heerden het aan mnr. Gideon Brits ’n bul teen R52 000 verkoop wat die hoogste prys was wat behaal is.
Mnr. Van Heerden het ook aan mnr. Bennie Roux ’n koei verkoop teen R14 700 wat die hoogste prys was wat behaal is.
Vleissentraal Ermelo het die veilings aangebied met mnre. Johan van der Nest in die eerste geval en Ian Grobbelaar in die tweede geval as afslaers.