Local newsNews

Gerdus langs N17 net buite Springs opgespoor

Hy is tans by ’n dokter vir ’n volledige ondersoek om te probeer vasstel wat met hom gebeur het

Mnr. Gerdus Bothma is gevind.

Die Standerton Advertiser het ’n kennisgewing aanlyn rakende mnr. Bothma se verdwyning geplaas.

’n Wenk vanaf die publiek is aan die Standerton Kommando deurgegee en hulle het saam met sy ouers in die rigting van Springs vertrek.

Mnr. Bothma is langs die N17 net buite Springs opgespoor.

Volgens een van die kommandolede is hy gedisoriënteerd en verwaarloos.

Hy is tans by ’n dokter vir ’n volledige ondersoek om te probeer vasstel wat met hom gebeur het.

Die Opel Corsa is nog nie gekry nie.

Mnr. Bothma se ma het hom kort nadat hy gevind is, langs die pad omhels.

Die kommando het gesê hulle is dankbaar vir elke persoon wat help soek het en ook vir almal wat die boodskap help uitdra het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button