Local newsNews

R23 binnekort ’n plesier vir motoriste

Sanral het ook ses nuwe brûe in ’n radius van 50km by dieselfde kontrak ingesluit

Rygenot wag binnekort op padgebruikers tussen Standerton en Greylingstad waar die opgradering van die eerste gedeelte voorsien word.

Mnr. Ismail Essa, Noordelike Distriksbestuurder van Sanral, het gesê dat tenders verlede jaar vir die opgradering en herstel van 4km buite Standerton op die R23 na Johannesburg uitgereik is.

Die kontrak is volgens hom reeds goed op dreef en daar word beplan dat die volledige kontrak na 16 maande voltooi sal wees.

Sanral het ook ses nuwe brûe in ’n radius van 50km by dieselfde kontrak ingesluit.

Mnr. Essa het ook gesê dat die verkeerssirkel op Balfour deur Sanral herstel en opgegradeer gaan word.

Volgens hom behoort die 4km buite Standerton reeds einde Februarie klaar te wees.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button