Skool op Cullinan hou potjiekompetisie

Tussen die nege potte wat ingeskryf is, was ’n kudupot, ’n hoenderpot, ’n beesstertpot en selfs ’n vispot.

Uitkoms Akademie het op 4 Mei ’n potjiekoskompetisie by die skool op Cullinan gehou om geld vir die skool in te samel.

Tussen die nege potte wat ingeskryf is, was ’n kudupot, ’n hoenderpot, ’n beesstertpot en selfs ’n vispot.

Die span van D – Force Sekuriteit se sappige beesstertpotjie was die wenpot. Faan Greeff se vispotjie het tweede plek gevat, weens baie kreatiwiteit.

Die potjies is deur Johannes Bekker, Willie Strauss en pastoor Mark Barker van die Rayton Lewende Woord gemeente beoordeel.

Daar was ook ’n gelukkige trekking om ’n lam te wen. Zelda Venter het dié prys opgeëis.

Ander pryse op die spel, was ’n geskenbewys van Spar, koordlose oorfone, twee kaartjies vir ‘n private wynproe by Pinocchio’s en twee bottles wyn.

Die dag was gereël en georganiseer deur Juanita Goosen, ’n lid van die skool. Sy het almal bedank wat die samesyn bygewoon het.


Exit mobile version