Kinross VLU-vroue bespreek kongreskompetisie

Belangstellendes is welkom om volgende vergadering op 13 Junie by te woon.

Vroue van die Kinross VLU-tak het op 9 Mei by die Evanderklub vergader om hul kompetisie artikels vir die volgende VLU kongres, bespreek.

Launa Jansen van Vuuren het die vroue wenke gegee oor hoe om ’n knyperbord, wat een van die kompetisie artikels is, te versier.

Jansen van Vuuren het gesê die vroue kan baie idees hiervoor op Pinterest, kry. Die knyperbord wat die vroue moet versier, moet bruikbaar wees.

Die Kinross VLU-tak se volgende vergadering is op 13 Junie om 09:30 by die Evanderklub.

Belangstellendes is welkom om dié vergadering by te woon.

Vir meer inligting, skakel Thea Potgieter by 082 823 2728.

Exit mobile version