Local newsNews

OnsWinkel op Standerton kry nuwe eienaar

Chantelle Adendorff wou nog altyd die winkel oorkoop, en nou word haar drome ’n realiteit.

Chantelle Adendorff (33) is vanaf 1 November die nuwe eienaar van OnsWinkel. OnsWinkel is ’n liefdadigheidsorganisasie wat onder Solidariteit Helpende Hand geld insamel en minderbevoorregtes regoor die land help.

Adendorff is al haar lewe lank ’n Standertonner en is sedert 2020 deel van die OnsWinkel-familie.

Sy het gematrikuleer via die tuisskoolprogram Impaq en het administratiewe werk gedoen voordat sy haar liefde vir liefdadigheid ontdek het.

“Toe ek by OnsWinkel begin werk het, was dit net iets anders,” het Adendorff gesê.

Adendorff wou nog altyd die winkel oorkoop, en met die jare het haar liefde vir haar kliënte gegroei. Sy help graag gemeenskapslede en hou daarvan om mense gelukkig te sien.

“Die winkel maak elke dag ’n sigbare verskil in mense se lewens,” het Adendorff gesê.

Sy sien uit na hierdie nuwe uitdaging, maar dit is nie die enigste een wat sy aanpak nie. Tans is Adendorff swanger en sien uit daarna om haar seuntjie in Maart te verwelkom.

Adendorff en haar man se reis na swangerskap het baie uitdagings ingehou. Hulle het vir sowat agt jaar probeer om hul gesin te begin, maar het gesukkel om swanger te raak.

“Ons het ’n miskraam op 11 weke deurgemaak en het al talle dokters gesien,” het Adendorff gesê.

Ongeag is sy dankbaar vir die nuwe ervaring wat oor haar pad kom en is opgewonde om moederskap te geniet terwyl sy aanhou om die gemeenskap deur OnsWinkel te help.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Zell-Mari de Jager

Zell-Mari de Jager is a young and upcoming journalist. She has been working as the sole journalist for the Standerton Advertiser since May 2024. She covers a large variety of stories within her community and is an excellent photographer.

Related Articles

Back to top button