Local news
Stem vir Secunda-sanger as beste nuweling in Afrikaanse musiek
Rhona van Niekerk het haar tweede enkelsnit, Volkleurlewe, spesifiek vir die motiveringsspreker, Lynette Beer geskryf.
Die gemeenskap kan vandag en môre vir Secunda-sanger, Rhona van Niekerk, stem vir Beste Nuweling 2025.
Stem deur die Facebook-groep, Afrikaanse Treffers te besoek.
Van Niekerk het vroeër vanjaar haar eerste enkelsnit, Leef jou Rede, vrygestel nadat sy Vonk Musiek se kompetisie gewen het.
Sy het op 14 November haar tweede enkelsnit, Volkleurlewe, wat sy spesifiek vir die motiveringsspreker, Lynette Beer geskryf het, vrygestel.
Stem vir Van Niekerk deur op die skakel te kliek: https://www.facebook.com/share/p/1A6ez2KV5g/
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



