Hetsy dit nou die eiendomsbelastingfiasko is, brouwerk van diensleweraars of slaggate, nes ‘n persoon dink dit is die ergste voorbeeld dan kom die Record op ‘n meer verbysterende geval af.
Slaggate is na Desember weer ‘n vurige besprekingspunt in Roodepoort. Dit blyk om nou die ergste to dusver te wees.
Geskok was die Record met sy bevinding toe ‘n inwoner die Record nooi om ondersoek te gaan instel in Mcgrathstraat in Witpoortjie.
Op die belangrike pad wat redelike verkeer dra aangesien dit byna regdeur Witpoortjie loop, het die Record ‘n vinnige opname gemaak.
Oor ‘n strook van minder as 150m van die pad wat agter die Pick n Pay verby loop, het die Record meer as 30 slaggate getel en dit is nie eers die kleineres ingesluit nie.
Verder meen die inwoner wat die Record gekontak het dat die feit dat taxi’s dit ‘n staanplek gemaak het ‘n groot rol speel.