Video: Onwelkome geskenk, ‘n kat in die sak

Man laai argeloos werpsel by inwoner af.

Bianca Heyns van Strydomstraat is glad nie beïndruk met die bondeltjie wat verlede Dinsdag, 23 September, by haar woning afgelaai is nie.

Die tuindienste was in haar erf besig toe ‘n motor oorkant die straat parkeer. Omstreeks 12.30nm het ‘n man uit die motor geklim en na haar hek oorgestap. Hy het een van die tuinwerkers nader geroep en vier katjies en ‘n melkbottel in ‘n rooi kombers aan die werker oorhandig en gesê dat hy die katjies vir Heyns gebring het. Die man is toe onmiddelik vort.

Die werker het Heyns ingelig dat ‘haar’ katjies afgelewer is.

“Ek was uit die veld geslaan en ‘n bietjie die josie in. Ek het nie vir katte gevra nie en dink boonop dit is vermetel van die persoon om sy ongewenste katte net sommer hier af te laai,” sê Heyns.

“Aangesien die DBV nooit opgedaag het nie het my buurvrou wat ‘n groot diereliefhebber is die katjies gevat,” sê Heyns.

Die hele insident is op kringtelevisiekamera vasgelê en Heyns hoop dat iemand die oortreder sal herken.

https://www.youtube.com/watch?v=G8jywhJRdcY&feature=youtu.be

 

Exit mobile version