Ons Winkel open in Horison

Solidariteit Helpende Hand het hul nuutste Ons Winkel in Horison offisieel geopen.

Solidariteit Helpende Hand het op 3 Mei hul tweede Ons Winkel liefdadigheidswinkel in die Roodepoort-omgewing amptelik geopen.

Volgens Helpende Hand se bestuurder vir die Wes-Rand en Vaaldriehoek, Mariette van de Werken, is hierdie die agste winkel van sy soort in dié gebiede.

Precious Nyagure (assistent), Johan van der Walt (eienaar) en Glodien Potgieter (bestuurder) sny die lint om Ons Winkel Roodepoort amptelik te open.

Daar is huidiglik amper 130 Ons Winkel liefdadigheidswinkel in die land met vele meer wat beplan word.

‘n Groot skare het vroegdag al by die nuwe winkel vir die opening bymekaargekom. Lede van die publiek, sowel as verteenwoordigers van Solidariteit Helpende Hand, het die bestuur ondersteun. Die lint is om 9:00 met luide gejuig geknip, waarna ‘n glasie wonkelwyn – nie-alkoholies natuurlik – geklink is.

Solidariteit Helpende Hand bestuurder vir Wes-Rand en die Vaaldriehoek, Mariette van de Werken.

Die Ons Winkel konsep is net nog ‘n manier waarop Helpende Hand broodnodige fondse vir hul verskeie maatskaplike dienste in die gemeenskap insamel.

Geld wat deur die winkels ingesamel word, word onder andere gebruik om maatskalike hulp aan gemeenskappe in nood te verleen, werksgeleenthede te skep, en vir minderbevoorregde leerders die kans op tersiêre studies te bied.

Exit mobile version