Bruid van die Jaar 2022

Bruid van die Jaar 2022

Wenner is aangewys!

Bruide wat gedurende 2022 die knoop deurgehaak het en as finaliste verkies is, is met  ‘n vroegoggend ontbyt by Anna’s Kitchen by Three Rivers Lodge op 30 Maart 2022 bederf.

Die beoordelaars, wie ingesluit het Meriska Venter (Models Unlimited) asook Tania van Aardt, het behoorlik kop gekrap omd ie wenbruid te kies.

Die 29-jarige Alliney Roberts, ‘n onderwyseres van Vanderbijlpark, het uiteindelik met die kroon weggestp.   Alliney en Nathan is op 8 Oktober by ‘n bekende venue in die Vaaldriehoek getroud, met “vintage” tema.  Vir hulle was dit “  ‘n Dag, ‘n Oomblik,’ n Gevoel…wat ons aan niemand kan beskryf nie. Een AMAZING ervaring!”

Alliney meen die lewe saam met Nathan is ‘n fees, die kleinste dingetjie soos om om die blok te stap, vinnig te gaan stokkie-roomys koop of ‘n wegbreek nou en dan is ‘n passie wat hulle saam deel om weg te kom van die “rat race”.  Vir hulle is die lewe ‘n FEES.

Ons bedank graag Three Rivers Lodge vir die heerlike bederfprys wat hulle vir die wenbruid geborg het.

Alliney & Nathan Roberts

Liza-marie en Christopher Ooijkaas

Datum : 19 Maart 2022

Idonette en Fanus de Waal

Datum : 30 April 2022

Ons is by die mooie Kliprivier Country Estate getroud. Dit was ‘n heerlike herfsdag en die mooiste foto’s is geneem!  Met 90 gaste, almal wat vir ons lief en dierbaar is, het ons ‘n heerlike bruilof gehou, met heerlike kos, drankies, vingerhappies en die heerlikste “berry cheesecake” vir almal!
So het ons die aand in gedans en ‘n heerlike ontbyt met meeste gaste die Sondag oggend geniet!

Ons het mekaar se beste belange op die hart en so bly ons gelukkig en bedagsaam, sonder moeite of harde werk! Ons respekteer mekaar en diep omgee en sorg vir mekaar.

Wat ons huwelik spesiaal maak is hoe ons verskillende persoonlikhede mekaar aanvul en waarlik die beste in mekaar uitbring!

Lichelle en Grant Leach

Lichelle vertel : Grant het my gevra om verloof te raak op my verjaarsdag 11 Desember 2018.  Ek het in 2020 ingeskryf vir n “Wen ‘n Troue” kompetisie en nooit gedink ons sal die gelukkige paartjie wees wie se groot dag uiteindelik soos ‘n sprokiesverhaal afgespeel het nie. Ons huwelik se fondasie is gebou op die woord van God en voor Hom het ons ‘n belofte gemaak om mekaar altyd eerste te stel. Ons beginsels van ons verhouding is Liefde, Vertroue & Eerlikheid en na die 3, kom alles wat mooi is vanself #Liefdewenaltyd

Anel en Jeffrey Skinner

Troudag : Augustus 2022

Die bruid vertel : Ons was saam op skool van graad 7 af.  Ons het geweet van mekaar maar nie geken nie en ook dieselfde vriende gehad. 5 jaar gelede het ons deur van ons skoolvriende weer bymekaar uitgekom en van daardie aand nie ophou praat nie.  Ons het onmiddelik begin verder kuier en ‘n maand daarna officially begin uitgaan. Na 3 jaar het hy my gevra om  trou, ek het niks verwag nie. My man is baie goed met verrassings en ek het vir omtrent 3 maande langs my verloofring geslaap met die dat die ring in die bedkassie gelê het.

Ons albei het ‘n groot passie vir nuwe dinge probeer, hiking, paintball, eet kompetisies, comic con en vele meer. Ons hou daarvan om mekaar aan te moedig en om onsself te verbeter. Ons troue het soos ‘n sprokiesverhaal gevoel…ek het met my beste vriend getrou.

Chanté & Tommie Boucher

Datum : 25 Junie 2022

Venue : Rolling Waters, Pretoria

Ons het ‘n redelik groot troue gehad, met 146 gaste. Al ons gaste moes formeel, swart aantrek. Die hele tema van ons troue was swart en wit.

Ons huwelik is gevestig op Christelike waardes. Ons het God meer lief as wat ons mekaar het. Ons glo dat ‘n huwelik soos ‘n driehoek werk met God aan die boonste hoek van die driehoek en ons aan die onderste twee hoeke. Hoe nader ons aan God beweeg hoe nader sal ons aan mekaar beweeg. Ons is baie versigtig oor wie in ons huwlik inspreek of by wie ons vir raad vra. Dit moet mense wees na wie ons op kyk en wie se waardes en beginsels dieselfde as ons s’n is.

Wedersydse liefde, eerbied, respek en verantwoordelikheid is die raamwerk van ons verhouding wat liefde, heiligheid, intiemheid en ewigdurendheid van die verhouding tussen God en sy kerk moet uitbeeld. Ons doel is om elke dag so te lewe dat ander mense God deur ons kan sien.

Ek glo dit is wat ons huwelik so spesiaal maak.

Lee en Jaco Rautenbach

Datum : 8 Oktober 2022

Lee vertel : elke dogtertjie droom oor haar perfekte sprokiesdag van kleintyd af. Op 8 Oktober 2022 is my drome bewaarheid. Na lang beplaning en insette het ons groot dag gerealiseer, en was ons reg om die “Ja” woord te gee.

Met ons groot dag het ons besef dat dit nie saak maak wat skeef loop op ‘n mens se troudag nie, bly die dag steeds PERFEK! En moet mens elke oomblik daarvan net geniet!

Die waardes van ons huwelik is om altyd te sal onthou dat die huwelik nie ‘n selfstandige naamwoord is nie maar n werkwoord.

Dit is beslis nie iets wat mens net kry nie, dit is iets wat jy ten volle DOEN!

En dit is die manier waarop jy mekaar elke dag liefhet…

Ons huwelik is vir my en my man (Jaco) spesiaal omdat ons elke dag kan sien met watter kosbare juweel jy ‘n lewenspad mee stap, om mooi te sien waar hulp vandaan kom in storms en om hand aan hand die lewe saam aan te pak. Dat ons as ‘n getroude paartjie  onvolmaak is maar wel saam met mekaar gaan groei- al lyk ons troufoto’s dalk so volmaak.

Clara & Johan Botha

Datum : 27 Aug 2022

Die verbintenis tot ons huwelik of verhouding is ons wil om vir altyd saam te wees.  Alle verhoudings vereis ‘n spesifieke vlak van verbintenis, liefde en dat ons mekaar se sielsgenote kan wees.  Die pad wat ons na mekaar toe gelei het en die ondersteuning wat ons het vir mekaar.

Melanie & Marius van Tonder

Datum : 3 September 2022

Sy vertel : Na die afsterwe van my man agv Covid moes ek alleen ons vervoerbesigheid bestuur.  Dit was veeleisend en vir ontspanning het ek met my ma en dogter by Sharkytown gaan dans.  Dit is hier waar ek vir marius ontmoet het.  marius het my gevra om sy vriendin te wees, dieselfde tyd wat ek met Paget disease en aggressiewe borskanker gediagnoseer is in Feb 2022.

Deur alles was Marius daar vir my,  my gesin en die besigheid.  Die ervaring het ons geloof, liefde, geduld, vreugde, vrede, humor, respek, ondersteuning en uithouvermoë getoets.

Esmaré en Herman Wepener

Datum : 21 Oktober 2022

Melony & JJ Combrinck

Datum: 24 September 2022

Ons is by Rivierplaas Meyerton getroud die mooiste venue. Ons troue was vir ons perfek!

Op hierdie mooi warm somers dag het ons twee besluit om ‘n belofte aan mekaar te maak en daai belofte beteken vir ons “viraltyd”.

Ons is al 8 jaar saam en hy is die wonderlikste man vir my hy dra my op sy hande. In die 8 jaar was ons deur kronkel grond paaie en ons het saam mekaar gestaan en so ook beter aan die ander kant uit gekom en so het ons geleer om mekaar meer te waardeer.

Wat ons huwelik vir my spesiaal maak en uitsonder is daar waar my donker plek is, is hy my lig . Ek dink ons twee se verskillende persoonlikhede vul mekaar goed aan.

Mellissa en Johnny Mansoor

Datum : 3 September 2022

Die paartjie vertel hulle waardes vir hul huwelik is :

• Godlikheid
• Liefde vir mekaar
• Respek
• Vertroue
• Eerlikheid
• Getrou aanmekaar

As God ‘n plan het of mense bymekaar voeg, sal niemand Hom keer nie. Dis super spesiaal! ! !

Hestie en Janco Erasmus

Datum : 2 April 2022

Hestie vertel : #onsEra was ʼn bruilof wat almal beskryf as romanties, elegant en selfs die gevoel van ʼn vertoning. Van die Bruidegom wat met “Kenny Loggins – Danger Zone (Top Gun)” ingestap het vir bietjie humor tot; waar ek (die Bruid) wat met die lied “Starlight – Bethel Music” in gestap het omrede HESTIE – Ster van Christus beteken, was die dag werklik ʼn droom.

Van die oggend se reën na middag sonskyn was die Here se teenwoordigheid tasbaar. Die troue was by LEZAR OPSTAL HEIDELBERG en kos van die boonste rakke, werklik ʼn feesviering.

Die dans vloer was geopen met “Phil Wickham – It’s Always Been You” en daarna het die Bruidegom na alle formaliteite sy lied gesin “The Vow”. Wat ʼn verassing en mooi oomblik.

Die reëlings van TROU was uitdagend vir twee jong verliefdes, in die piek “LOCKDOWN, AANDKLOK tye” kuiers wat tot 9 uur beperk voordat die ander een oor die Vaalrivier moes reis. Ons het mekaar min gesien en het so uitgesien om eendag by een plek te bly.

Ons huwelik is werklik spesiaal, Jesus is ons middelpunt, ons is jong en leer elke dag meer van die huwelik en hoe dit ons lei na heiligheid.

Johandré en Riaan Scheepers

Datum : 5 November 2022

Melissa en Gerhard Swanepoel

Datum : 1 Oktober 2022

Die paartjie sê : Ons glo vas die Here het ons spesiaal vir mekaar gestuur. ‘n Boer en ‘n stadsmeisie, dis ons storie, van die groot stad na die plaas, ons deel in mekaar se passies en leer nuwe wêrelde ken, so ruil ek die stadsverkeer vir ‘n grondpad… Ons troue was ‘n heerlike lente dag saam met ons geliefdes, onder bome met canapes en pizza, jazz musiek en my boer langs my. Vandag is ons getroud en begin ons avontuur op die plaas. Ons vertrou op die Here vir leiding en geniet die seën om iemand lief te kan hê.

Lehandri & Reinard Jordaan

Datum : 22 Oktober 2022

Denise & Ruben van der Merwe

Datum : 15 Oktober 2022

Denise vertel : Ek en Ruben het mekaar ontmoet in 2018 en kort daarna op mekaar verlief geraak. Op 12 Desember 2020 het Ruben my gevra om te trou (uiteindelik, dit het soos ‘n ewigheid gevoel) en my antwoord was natuurlik “JA”. Ek het nie op my laat wag nie, en dadelik weggespring, opsoek na idees vir ons groot dag.

Ons het op 11 Desember 2021 ‘n troue ter waarde van R500 000 gewen deur ‘n sekere maatskappy (wie nie bekend gemaak sal word nie). Ons was baie opgewonde oor die goeie nuus en kon nie wag om dit met al ons vriende en familie te deel nie. Ons was gevra om ‘n fooi van R56 000 te betaal as verbintenis fooi. Nadat ons die fooi betaal het, was die kommunikasie van die maatskappy se kant af amper nie-bestaande. Ons het wel na ‘n lang gesukkel uiteindelik ons “Save the Date” uitnodigings ontvang vir 22 Oktober 2022.

Ons het teen middel Augustus 2022 nog niks weer van die maatskappy af gehoor nie. Ons het toe besluit om ons eie troue te reel (twee maande voor ons groot dag).  Met al die geld wat reeds aan die maatskappy oorbetaal was en die kort tyd wat oor is om alles te reël, was dinge maar knap. Maar dit het ons nie onder gekry nie, ek en Ruben het soos ‘n span saam gewerk en ons het goeie ondersteuning deur famile en vriende gekry wat ons groot dag moontlik gemaak het.

Alhoewel ons nie ‘n trou onthaal kon beskikbaar kry vir die oorspronkile datum (22 Oktber) nie, het ons wel reg gekom by ‘n pragtige onthaal vir 15 Oktober 2022. Die onthaal, Heavenly Events Venue, teen die Vaalrivier was vir ons altwee pragtig en ons het dadelik besluit dis waar ons wil trou.
Sc Incorporated Designers & Planners het ons onthaal pragtig afgerond met sagte pienk kleure en diamante.
Op die 15de Oktober het ek met my beste vriend getrou, die mooiste mens met die mooiste hart, baie spontaan en altyd opreg. Hy het my geleer om vir niks in die lewe bang te wees nie en elke uitdaging met passie aan te durf.
Ek en Ruben doen als saam, net soos beste vriende behoort te doen. Ons ondersteun ook mekaar in alles wat ons doen. Ek sien uit na om die res van my lewe saam hom te spandeer en na al die avonture wat vir ons voorlê. Ons vang graag vis saam en geniet so nou en dan n lekker ‘karaoke aand’. Ruben weet ook dat, wanneer daar gebraai word, hou ek die braaitang vas.  Ruben is beslis my beste vriend en ek sal 50 keer weer met hom trou.

Marchinet & Frederik Fourie

Datum : 8 April 2022

Marchinet vertel : Ons het in 2018 ontmoet en 1 Oktober 2021 verloof geraak.

Ons het op ons troudag sopnat gereën.  Dit het begin hael ‘n uur voor ek moes instap, my trourok was vol moder maar alles was steeds so spesiaal.

Ons huwelik werk want ons bou mekaar op.  Ons love dit om eers te redeneer oor iets want so weet mens jy maak die regte besluit.  Elke dag hou ‘n nuwe uitdaging maar steeds kan ek nie wag om dit saam hom aan te pak nie

Alliney & Nathan Roberts

Datum : 8 Oktober 2022

Ons droom venue, ons droom dag…

Tog in ‘n oogwink verby, maar soveel memories wat agter bly, wens ons kon tyd laat stil staan en die klok terug draai, net om daardie mooi weer te ervaar en te beleef!

Liefde oorwin alles!!

Ons is getroud net buite Vanderbijlpark, by The Vintage Yard Wedding Venue,’ n sprokies mooi venue as jy van die “vintage” look hou, en graag ontslae wil raak van die stad se lawaai, en net wil rustig raak en ons Pappa Vader se skepping op reg wil waardeer.

‘ n Dag, ‘n Oomblik,’ n Gevoel…wat ons aan niemand kan beskryf nie. Een AMAZING ervaring!

Elzadie & Brian Busse

Trou datum: 26 November 2022

Op die 26ste November 2022 het my droom as klein meisie waar geword om met haar Prins op n wit perd te trou eendag. Ek het dalk nie die wit perd gekry nie maar ek het my Prins gekry met die mooiste persoonlikheid, omgee en liefdevolle hart.

Ons dag het gekom daar is wel reën oppad maar dit keer ons nie om ons groot dag te hê nie. Die mans is besig om kla te maak om hul fotogeniese gene uit te beeld voor die fotograaf terwyl die vrouens besig is met hul grimering en hare. Die tyd kom nader en almal is klaar, nou is dit die Bruid se beurt. Soos elke meisie se droom is vir haar Moeder om haar reg te kry vir haar groot dag het ek die voorreg gehad. “Tissues” was nie genoeg nie.

Die tyd het gekom vir my as Bruid om haar Bruidegom Prins te sien. Die kansel se deure gaan oop en daar staan my asemrowende Prins en hy wag net vir my. Ek wil hardloop van opwindenheid om by hom te wees maar elke oomblik is spesiaal. Ons gaste is stil van die belewenis van ons Sprokie mooi troue en die trane vermeerder. Ons gee mekaar die regterhand en beloof aan mekaar. Ons se Ja en word as Mnr en Mev Busse voorgestel aan ons gaste. Die tyd is hier om die pragtige Saal te beleef wat op gedoen is net vir ons. Dit is n belewenis, elke liggie wat brand, elke kleur en elke glimlag van ons gaste is so spesiaal. Die kos was verby lekker die gaste het dit baie geniet. Die dansvloer was vol met elke lied wat gespeel het. Ons troudag, ons waardes is Liefde, Geloof en Geluk.

Hubrie & Roan Swanepoel

Datum : 24 September 2022

Ons het ‘n lekker interessante verhaal… Ek het vir die afgelope 6 jaar in ‘n doodgewone woonstel gebly in Meyerton. In 2020 trek daar ‘n nuwe buurman reg langs my in. Toe gebeur lockdown en ek kon toe nie my verjaarsdag vier nie. Dit het my forseer om die nuwe buurman te gaan ontmoet en hom te verwelkom met koekies en ‘n kolwyntjie (omdat ek allerhande lekker goed gehad het vir my verjaarsdag).

Ons het gou agter gekom dat ons op dieselfde plek (die NWU) studeer het en ook in dieselfde jaar begin studeer het, maar nooit het ons daar ontmoet nie. Die Buurman en Buurvrou het einde 2021 in Trouman en Trouvrou verander. Ons is by Avara Boutique Venue in Vereeniging getroud einde 2022. Dit was ‘n ongelooflike spesiale dag.

Ons voel dat ons huwelik baie spesiaal is omdat ons op so ‘n wonderbaarlike manier by mekaar uit gekom het en dat al ons reëlings van dag 1 af net in plek geval het. Ons huwelik is gebaseer op ons geloof in Hom en dat ons mekaar ook elke dag moet waardeer en koester, selfs vir die klein dingetjies, want op die ou einde is dit wat saak maak.

Landi en Hendrik Burger

Datum : 3 September 2022

Landi vertel : Ek en my man het mekaar ontmoet in 2018 saam by ‘n glasplek gewerk het. Sy smile het net vir my gesê: It is the ONE!

April 2022 het ons verloof geraak en teen Sept moes ek vinnig begin idees kry om vir die troue te betaal. Hy het my in ‘n japtrap geleer hoe om ruite in te sit en vandaar is Die Glasvrou geskep. Ons het van Januarie 2022 7 dae ‘n week gewerk om alles te reël vir ons troue. Daar was baie baie dae van trane, seer hande, bloeiende hande en stywe spiere maar ons het dit gemaak. Met ongelooflike ondersteuning van mense wat ons gebel het vir werk kon ons die knoop deurhaak op die 3 Sept 2022.

Tot vandag werk ons saam, as man en vrou, as partners in crime om vir onsself te sorg en om vir ander te wys jy KAN ‘n sukses van jou lewe maak. Dit is ‘n ongelooflike voorreg en lekkerte om terug te staan en te weet: dis my en my man se handewerk. Ons het nou so +- 120 sakke sout opgeëet ….ek sien kans vir nog 1000 000 sakke saam hom.

Back to top button