
VANDERBIJLPARK – Die nuwe Castle Superliga skop Saterdagmiddag 15 Februarie amptelik om 12:00 af wanneer Louis Trichardt and Sibanye-Stillwater mekaar aandurf.
Twaalf spanne van vyf provinsies (Valke, Blou Bulle, Limpopo Luiperds en Pumas) sal sake uitspook om te bepaal wie op 22 Maart as die kampioen gekroon gaan word.
Die Valke-rugbyunie spog met vier spanne (Vereeniging, Brakpan, Springs en NWU Vaal) in die kompetisie. Vanuit ‘n plaaslike oogpunt skop NWU Vaal sy veldtog teen Northam Rhinos afskop.
Die Vereeniging Rugbyklub reis na Hartebeespoortdam waar hy teen die Wolves te staan kom.
Die Wolves het einde verlede jaar op sy tuisveld vir die NWU Vaal in die Gold Cup oortuigend geklop en VRK sal moet uithaal en wys om hulle tuis te klop.
Die spanne wat sake in die Castle Superliga gaan uitspook is: Vereeniging, Springs, Brakpan, NWU Vaal [Valke]; Naka Bulle, Harlequins, Tuine Grizzlies [Blue Bulls]; Northam Rhinos, Louis Trichardt [Limpopo]; Northam Wolves, Louis Trichardt [Leopards] and Sasol Secunda [Pumas].
Groepe: Groep A: Naka Bulle, Harlequin en Northam Wolves. Groep B: Vereeniging, Springs en Secunda. Groep C: Brakpan, Louis Trichardt en NWU Vaal en Groep D: Rhinos, Sibanye en Grizzlies.
Bepalings: 22 Feb: 16:00 – Vereeniging t Quins (Vereeniging) en Grizzlies vs NWU Vaal (Pretroria). 8 Maart: 16:00 – NWU Vaal vs Sibanye (Vanderbijlpark). Halfeindstryde 15 Maart en eindstryd 22 Maart.