Niel (32) leef in pyn na heldedaad

VANDERBIJLPARK – Om wakker te word nadat jy ‘n goeie daad gedoen het en te besef vier van jou vingers gaan geamputeer moet word, is vir enige mens ‘n nagmerrie.

VANDERBIJLPARK – Om wakker te word nadat jy ‘n goeie daad gedoen het en te besef vier van jou vingers gaan geamputeer moet word, is vir enige mens ‘n nagmerrie.

Niel Jonker (32) se nagmerrie het in 2013 begin toe hy by vriende in Middelburg gaan kuier het. “Ek het besef iemand is in nood en nader gehardloop,” vertel Niel. Hy het geroep en toe ‘n geskree van binne gehoor. Die vlamme was al hoog en rook het sy pad versper, maar hy het ingehardloop. Binne het hy ‘n dogtertjie van twee jaar gevind. Hy het haar na buite geneem en weer ingehardloop. Die keer het hy op ‘n negejarige seun afgekom.
“Ek het hom oor my skouer gegooi en na buite gestrompel.” Die rook en vlamme het hom egter by die deur oorval. Hy kon niks sien nie. By die deur het die kosyn op hulle geval. Niel het daarna ‘n epileptiese aanval gekry.
Die seun het gelukkig daarin geslaag om self verder uit te kruip. Neil het twee ure daarna met geweldige pyn in die hospitaal wakker geword. “’n Dokter het gesê dat vier van my vingers geamputeer moet word,” sê hy. Vel van sy been is gebruik om veloorplantings te doen. ‘n Deel van Niel se lip het ook gebrand, wat intussen nooit herstel het nie. Sy lip het met tyd so septies geword dat dit voortdu-rend seer is en ‘n gat gevorm het. Niel het nie ‘n mediese fonds nie en kan nie sy lip laat herstel nie.
Hy kan nie behoorlik eet of drink nie. “As gevolg van hoe my lip lyk kan ek ook nie werk kry nie. “Ek het as karwag begin werk, maar moes dit prysgee omdat ek nie so met die publiek kan werk nie,” sê Niel.
Hy pleit by die gemeenskap om hulp. Indien daar enige iemand of ‘n instansie is wat hom kan bystaan, sal dit hoog op prys gestel word. “Ek wil graag in minder pyn leef, dit sal my lewe meer draaglik maak,” sê Niel. Hy het nie ‘n foon nie, maar vir enige donasie of hulp kan Teresa Holloway by MooiVaal Media by 073 9266 998 gekontak word.
Exit mobile version