News

VIDEO: Baba-opasser gooi baba in bedjie

[WAARSKUWING] Die video onderaan die berig is uiters ontstellend en nie geskik vir sensitiewe lesers of kinders nie.

‘n Video wat tans op sosiale media die ronde doen waar ‘n baba-opasser ‘n nege maande oue baba hardhandig in haar bebebed gooi, het sosiale media verbruikers warm onder die kraag.

Nicolin Hoëses is tans agter tralies na sy op beeldmateriaal vasgevang is. Sy word nou van poging tot moord aangekla.

Die beeldmateriaal, wat intussen wyd op sosiale media versprei is, is Woensdag in ʼn huis in Outjo, Namibië, vasgevang nadat Annemarie Theron vermoed het alles is nie pluis wanneer haar nege maande oue dogter, Laila, bedags by die huis opgepas word nie.

Volgens Maroela Media het Theron gesê sy het einde Julie opgemerk dat Laila rooi merke onder haar voetjies het. “Dit was nie kneusplekke nie, net so ’n bietjie rooi in die voutjies van haar voete. Ek het nie veel daarvan gedink nie. Ek is nie juis ʼn agterdogtige mens nie en vertrou ander mense maklik. Dalk is ek naïef, maar ek het nie vermoed iets ernstigs is fout nie,” het sy gesê.

In Augustus het sy egter begin onraad vermoed toe sy rooi merke aan Laila se nek en skouer opgemerk het en verlede week het Laila ʼn stampmerk aan haar kop en ʼn skraapmerk bo haar oog gehad. Toe die egpaar die dag van die werk af gekom het, het Hoëses verduidelik Laila omgeval terwyl sy met die loopraam geloop het.

Die Theron-egpaar het besluit om ‘n manier te kry om te sien wat by die huis aangaan wanneer hulle nie daar is nie. Hulle het ‘n program afgelaai op hul skootrekenaars waarmee ‘n video gemaak kan word deur die skootrekenaar se kamera.

Dit is toe dat die beeldmateriaal vasgevang is waarop gesien kan word hoe Laila hardhandig in haar bababed gegooi word en weer aan haar enkel uit die bed opgetel word.

Ek was hartseer, ek was kwaad, ek het weerloos en skuldig en verraai gevoel. Ek het gevoel ek gaan iemand doodmaak.”

Hoëses het reeds in die hof verskyn, maar haar aasoek om borgtog is geweier.

 

Kyk video wat op Facebook gedeel is hier: (LET WEL die geskrewe deel onderaan die video is deur Vaalweekblad ingevoeg nie)

https://www.facebook.com/LocalsSA/videos/704505733092503/

 

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Back to top button