Wees bedag wanneer jou kinders swem
Dit is vakansietyd en die somer is mos hier, so wat is nou lekkerder as om te swem. Baie Suid-Afrikaanse huise het swembaddens, maar riviere, damme en die see hou ook verdrinkgevaar. Dit is belangrik dat jy as ouer bedag moet wees wanneer jou kinders in die water baljaar.
Indien jou kind nie kan swem nie, maak seker hulle dra vlerkies of ‘n opblaas frokkie. Maak dan ook seker een van jou nuwejaarsvoorneme is op jou kind te neem vir swemlesse.
Volgens ER24 is daar meer kinder-verdrinkings tydens die somervakansie en moedig hulle mense aan om altyd toesig oor kinders te hou.
Leer ook jou kind dat indien hy/sy in moeilikheid beland diep in die see, moet hy/sy kalm bly, dryf en een hand uitsteek en waai tot iemand hulle sien. Dit is ook belangrik om by die see naby lewensredders te swem. Die swemarea word gewoonlik met rooi vlae gemerk – bly tussen die vlae.
Wanneer jou kind nie reageer of asemhaal nie, pas dadelik KPR toe en skakel die nooddienste.
Wees veilig die vakansie – ‘n ongeluk gebeur so vinnig!
Noodnommers:
ER24 – 084 124
Netcare 911 – 082 911