
Dit is al reeds die vyfde voorval sedert Maart waar motoriste met klippe bestook word wanneer hulle onder deur ’n brug op die N4-snelweg ry.

Die BMW X5 se voorruit is beskadig en ook panele en dele van die voertuig binne na klippe deur die voorruit gevlieg het op Dinsdag 8 Augustus.
Die laaste voorval het op Dinsdag 8 Augustus, omstreeks 22:45 plaasgevind toe twee motoriste met klippe bestook is.
Me. Elma Nell het Maandag 14 Augustus vertel dat hulle eers ’n voertuig in die verkeerde baan op die snelweg gesien het.
“Ons was op pad terug van Pretoria na Middelburg, waar ons woon. Ek het eers gesien dat die kar in die regterbaan, aan ons kant ry. My man het vir die voertuig ligte geflikker en ons het twee voertuie by die Vosman-afrit gesien,” het Nell gesê.

’n Bakkie se voorruit is op Dinsdag 8 Augustus byna uitgegooi en die bestuurder is met kopwonde in Mamelodi Hospitaal opgeneem.
Sy het ook bygevoeg dat daar twee voertuie langs die pad, by die Vosman-afrit gestaan het, terwyl mense by die karre gestaan en gesels het.
Sy het ook gesê dat daar ’n trok langs die pad gestaan het en dat hulle die trok verbygesteek het.
“Dit is toe dat die klippe oor ons begin reën. Dit is van die brug by Vosman afgegooi en ook die mense wat langs die pad gestaan het, het ons voertuig met klippe gegooi. Herman, my man, het oor die bouwerke se paaltjies gery en gelukkig het ons met die BMW X5 gery, want die voertuig se beheer is ongelooflik.”

Die voertuig wat by die Bronkhorstspruit-afrit met ’n klip gegooi is op Sondag 16 Julie.
Die gesin het geen beserings in die voorval opgedoen nie, maar Nell het vertel dat daar redelik baie skade aan hul voertuig is.
“Ek weet nie hoe ons daardeur gekom het nie. Dit is werklik ’n Godswonder. Die BMW se sondak en voorruit is weg, maar ons het nie seergekry nie. Net glasstukke oral en gelukkig het my seun nie saamgery nie. As iemand agter gesit het, sou hul regtig seergekry het. Daar is ’n gat in die agterste ruglening en die klip het ook die paneel getref,” het sy gesê.
Nell het bygevoeg dat die laaste ding waaraan mens dink, is om op te tree teen hierdie aanval.
“Dit gebeur so vinnig en jy verwag nie klippe deur jou voorruit en voertuig nie.”
Lees die VOL storie in die WITBANK NUUS uit vandag
ALSO READ
https://www.citizen.co.za/witbank-news/97080/wees-versigtig-op-die-n4-snelweg/
https://www.citizen.co.za/witbank-news/89584/klip-deur-voorruit-veroorsaak-glo-ongeluk/
