Local newsNews

Polisieman veg vir sy lewe na motorfietsongeluk in die Laeveld

Hy is al meer as 50 dae in die intensiewesorgeenheid in die Mediclinic in Mbombela.

‘n Polisieman van eMalahleni, kaptein Willem Archer veg vir sy lewe in Mediclinic in Mbombela.

Archer was op 6 Oktober in ’n motorfietsongeluk  betrokke.

Hy is al meer as 50 dae in die intensiewesorgeenheid.

Sy vrou, Carien het vanoggend laat weet Archer se infeksie daal steeds.

Hy kry vandag weer dialise en ’n eenheid bloedkonsentraat. Hy is steeds op ’n ventilator.

Archer is baie bekend in hardloopkringe. Hy het die Comrades Marathon al 20 keer gehardloop.

Die gemeenskap word gevra om vir die Archer-familie te bid.

Het jy ’n storie om te vertel?

Stuur vir ons ’n epos na info@witbanknews.co.za of bel ons by 013 656 2490

HET JY GEWEET?

Kliek op die woorde wat in kleur uitgelig is om meer te lees oor verwante temas.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Check Also
Close
Back to top button