Local newsNews

Nog ’n laaste reëntjie voor die winter amptelik begin

Witbankdam se gemiddeld bly bo 98% en die syfer word fyn dopgehou omdat winterreën in die Hoëveld maar skaars is.

Die rooi, bruin en oranje kleure van die blare en die vrolike kosmosse langs die pad vertel duidelik dat die winter om die draai is.


Die Hoëveld is ’n somerreënstreek en die reënseisoen is nou amptelik verby, alhoewel dit gisternag lekker gereën het.


April was ietwat droog en al het die wolkies opgesteek, het daar nie veel van daardie reën ‘beloftes’ gekom nie.

LEES MEER: Witbank Dam still filled to the brim


Die laaste lekker buie het in Maart geval en eMalahleni se ‘reënval-man’, Cross Basson, het gesê die maand se syfers het die normale verwagting met 14mm oortref.

Statistieke vir Tasbetpark

Volgens Basson is ’n totale reënval van 104mm in Tasbetpark gemeet.


Hy het ook aangeteken dat dit in Maart 14 dae lank gereën het.


“Dit is agt dae meer as die gemiddelde aantal reëndae vir Maart.”

Witbankdam was vanoggend 98% vol.

Jou stad, jou storie soos dit gebeur. Bly op hoogte met die jongste nuus met WITBANK NUUS,

Volg ons op  websiteFacebookX,  Instagram or TikTok

Epos: info@witbanknews.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button