EntertainmentLifestyleLocal Lifestyle

Makietie gehou vir Moedersdag met gebrul van enjins

Daar was genoeg blink vuurwaens om almal na hul asems te laat snak.

Op Sondag, 12 Mei kon oud en jonk hul moeders trakteer met ’n heerlike spitbraai by die Springbok Boma-restaurant net buite Bela-Bela. Wat die dag nog meer spesiaal gemaak het, was die versameling van spog voertuie wat met hul baie perde onder die enjinkap kom spog het.

Piet van Heerden (middel) organiseerder van die Thunder Tour-groep, saam met van die gaste.

Sien video hier: https://fb.watch/s5taQ75Ah_/

Thys van Zyl van Springbok Boma sê dat ongeveer 22 motors opgedaag het, waarvan verskeie veteraan modelle was. Die oudste motor van die dag was ’n 1934 Chevrolet, en die duurste motor was ’n moderne Nissan Skyline GTR.

Nissan GTR.
’n Witwarm Chev Camaro, was een van die spogvoertuie by Sprinbok Boma.

Die meeste van die motors maak deel uit van die Thunder Tour-groep van Pretoria, en die organiseerder, Piet van Heerden, wat ook betrokke is by die Smoking Tyre Restaurant in Pretoria Noord, was vol lof vir Van Zyl en sy span se gasvryheid en heerlike kos.

Meer as 200 gaste het opgedaag, en vier bosvarke is vir die geleentheid op die spit gesit. Daar word reeds beplan om nog so ’n geleentheid te hou.

Tania Brits, MC van Zyl, en Thys van Zyl van Springbok Boma, buite Bela-Bela.

Related Articles

Back to top button