Drie motorfietse in stukke by Uitkyk “chop-shop” gevind

Drie motorfietse wat verlede Donderdagnag in Blesbokstraat, Kanonkop, uit ’n motorhuis gesteel is, is Vrydagmiddag laat in stukke by ’n sink-struktuur in die Uitkyk informele nedersetting gevind.