Olifants smoor wyl hiasint-jagters wag vir tender

Honderde dooie visse het vakansiegangers langs die Olifantsrivier in rep en roer gehad gedurende Desember, met plaaslike hengelaars wat vrees dat die probleem na Loskopdam kan oorspoel, indien miljoene waterhiasinte die weg Limpopo toe vind.