Local newsNews

Wêreldwye projek ook in Brakpan ondersteun

Die water het behoorlik gespat toe ‘n groep vroue en mans onlangs in Brakpan aan ’n “Aquathon” deelgeneem het.

Dié inisiatief is op 9 November deur 42 lande wêreldwyd ondersteun en 33 mense het Brakpan en Gauteng se naam hoog gehou deur hul deelname.

Die drie uur lange swemsessie het by die Soqi Gesondheidsentrum in Dalview plaasgevind, en die deelnemers moes drie ure saam in die water oefen.

“Dit was ‘n wêreldwye inisiatief en ek voel baie trots dat Brakpan vir Gauteng kon verteenwoordig het,” het Arauna Bezuidenhout, organiseerder en eienaar van Soqi, gesê.

Elke deelnemende groep kon ook ‘n welsynsorganisasie of projek kies om te ondersteun en fondse wat op dié dag ingesamel is, word aan die onderskeie organisies geskenk.

“Buiten die pret en die fondsinsameling was die hele idee om water oefeninge reg oor die wêreld bekend te stel,” het Bezuidenhout verduidelik.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button