Editor's choiceLocal newsNews

ShoNeill kan as top liedjieskrywer bekroon word

ShoNeill (29), ‘n inwoner van Brakpan sentraal, is een van die top 26 liedjieskrywers van die Afri-Visie se Skryf ‘n Treffer kompetisie, wat ‘n liedjieskryfkompetisie is, vir haar liedjie, Vas Dans.

Die top 26 finaliste is deur beoordelaars Pierre Greeff, Joe Niemand en Loyiso Bala gekies.

Die finaliste se liedjies word toe opgeneem en ‘n video word geskiet, waaroor die organiseerders beheer gehad het.

“Hulle kon enigiemand gevra het om die liedjie te sing, dit was ‘n eer toe hulle my vra,” het ShoNeill vertel.

Aanvanklik sou ShoNeill nie die liedjie ingeskryf het nie, maar haar kêrel, Read van Zyl, het haar aangemoedig om dit te doen.

“Ek het die liedjie twee jaar terug al geskryf, maar dit het nooit goed genoeg gevoel nie; as dit nie vir my kêrel was nie, sou ek nooit hierdie wonderlike geleentheid ontvang het nie,” het sy gesê.

Haar musiek is meer op die vrouemark gemik en die inspirasie agter Vas Dans was “elke enkellopende meisie wat vir haar ridder op ‘n wit perd wag”.

ShoNeill het ook al die Afrikaanse liedjies op haar CD, Nooit of Nou, self geskryf.

Die top 26 liedjies is op www.kyknet.co.za te sien, as ‘n finale videoproduk.

Die top 10 finaliste word op 29 April bekend gemaak.

Video: YouTube

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button