Local newsNews

Geliefde onderwyser oorlede

'n Onderwyser, wat die afgelope 36 jaar aan die Laerskool Brakpan-Oos verbonde was, is Maandag oorlede.

Gerda Hart (57) is met motorneuron-siekte (MNS) gediagnoseer, het Maandagaand in ‘n koma verval en is kort daarna oorlede.

Sy was ‘n toegewyde onderwyser wat gedurende die 36 jaar wat sy aan die skool verbonde was, menige ouers en leerders aangeraak het.

Sy het aanvanklik in die junior department begin skoolhou en het later Afrikaans, wiskunde en lewensorientiëring aangebied.

Sy is ook bevorder tot departementshoof van Opvoedkundige Lewensvaardighede.

Gerda was, volgens haar kollegas, baie fiks en het graag korfbal gespeel en afgerig. Sy was ook ‘n Springbok skeidsregter in korfbal.

Wanneer sy ‘n tydjie kon afknyp het sy ook graag gholf gespeel.

Die hoof van die Laerskool Brakpan-Oos, Louis van Biljon, het gesê dat almal wat Gerda geken het sal weet dat sy ‘n Jesuskind was.

“Sy het liefde geleef en was uiters professioneel in haar beroep.”

“Skoolhou was waarlik vir haar ‘n roeping. Ons gaan haar as mens, vriendin en kollega vreeslik mis,” het Van Biljon gesê.

Gerda laat twee susters en ‘n broer, asook ‘n  vriendin, Heleen Ritchie, agter.

Teen druktyd was die begrafnisreëlings nog nie gefinaliseer nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button