Editor's noteLocal newsNews

Hoop raak min om Fanie te vind

’n Sunair Park gesin is moedeloos na ’n wekelange soektog na hul vermiste hond steeds geen vrugte werp nie.

Die Bothma-gesin van Graafstraat se hond Fanie, ’n Jack Russel, het op 9 September by die hek uitgeglip en word nogsteeds gesoek.

Wessel Bothma het aan die Herald gesê dat hy en sy vrou, Anneke, die reuentjie gekry het toe hul eerste seun Joshua (3) gebore is.

“Joshua en Fanie het saam groot geword en dit is veral vir hom, maar ook vir sy jonger boetie Louw (2) erg dat die hondjie nie meer daar is nie,” het Wessel gesê.

Die Bothma’s het onmiddelik plakkate oral in die dorp aangebring en verlede week ’n groot advertensie in die Herald geplaas.

Hulle bied ook ’n R2000 beloning aan.

“Ons het verskeie oproepe gehad na aanleiding van die advertensie, maar dit het op niks uitgeloop nie,” het Wessel verduidelik.

“Dit sal absoluut wonderlik wees indien ons Fanie kan terug kry.”

Lees ook:

Cat stuck in tree for six days

VIDEO: Man steals puppy from yard, owner takes action

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button