Sluit aan by die Vroue Landbou Unie
Is jy ‘n huisvrou wat daarvan hou om kreatief te wees?

Dan is die Vroue Landbou Unie die perfekte organisasie vir jou om by aan te sluit.
Die organisasie vergader elke tweede Dinsdag van die maand en nooi belangstellendes uit om aan te sluit.
Die gesellige vergaderings vind om 10vm, in die saal van die NH Kerk, te Dirk van der Hoffweg, plaas.
Deur die loop van die jaar word praatjies en demonstrasies deur kundige persone aangebied.
Lede kan ook aan kompetisies, wat oor die jaar strek, deelneem.
Vroue kan hul vernuf met ondermeer gebak, naaldwerk, blommerangskikking, fotografie en skryfkuns op die proef stel. Die kompetisies is egter glad nie verpligtend nie.
Vroue van enige ouderdom is baie welkom om aan te sluit.
Skakel die huidige voorsitter, Hettie Basson, by 082 925 1766.



