Editor's choiceLocal newsNews

Oom Gouwsie het altyd omgegee

Oom Gouwsie (Bertus Gouws) is Sondag in die Netcare N17 Hospitaal oorlede op die ouderdom van 90 jaar.

Verlede jaar het die Herald berig oor die besondere inwoner se 90ste verjaarsdag (Oom Gouwsie word negentig).

Hy en sy gesin was vir die afgelope 58 jaar in Brakpan woonagtig.

Familie, vriende en kennisse het hom beskryf as die sout van die aarde. Goedheid en omgee was sy lewenswyse.

Hy het homself vir baie jare oor die veiligheid van ander en veral oor bejaardes besorg.

Hy het jare gelede ook die buurtwag in Brenthurst begin waar hy baie nagte rondgery het en gehelp het om verdagtes aan te keer.

Hy was die jongste van 11 kinders, waarvan almal ook oorlede is.

’n Familielid het vertel dat hy op op 3 Januarie by sy huis geval het en volgens ’n dokter was die val as gevolg van ’n hewige hartaanval.

Oom Gouwsie was vir 20 dae in die hospitaal en is Sondag daar oorlede.

Hy het hom toegewy aan die gemeenskap van die dorp, waar hy vir 10 jaar lank as reservis diens gedoen het en gereeld bejaardes besoek het om raad te gee oor die beveiliging van hul huise.

Selfs na sy 90ste verjaaarsdag het hy nog elke dag die koerant gelees en graag televisie gekyk.

Hy word oorleef deur sy eggenoot Meps (81), twee kinders, vyf kleinkinders en vyf agterkleinkinders.

Sy begrafnis vind Woensdag plaas om 10vm vanuit die NG Kerk Brenthurst.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button