Editor's noteLocal newsNews

Skole help om dorp skoner te kry

DA raadslede Stephanie Ueckermann en Brandon Pretorius het Vrydag en Saterdag ‘n projek aangepak in ‘n poging om die dorp skoon te kry.

Indien die dorp vir jou Saterdag so bietjie skoner gelyk het, was dit te danke aan ‘n groep vrywilligers en leerders van sekere skole van die dorp.

DA raadslede Stephanie Ueckermann en Brandon Pretorius het Vrydag en Saterdag ‘n projek aangepak in ‘n poging om die dorp skoon te kry.

Vrydag het die Laerskole Dalview, Die Arend en Môrewag asook Hoërskole Die Anker en Stoffberg in en om hul skoolterreine rommel opgetel.

Die Arend se leerders het papiere op en om die skoolterrein opgetel.

Die graad R en graad RR-leerders van die Laerskool Dalview het die projek so stappie verder geneem en ‘n “rommel-dag” gehou.

Die kleintjies het almal baie kreatiewe uitrustings, wat te make was van rommel, aangetrek vir die dag.

Saterdag het ‘n groepie vrywilligers en lede van die DA die strate van die dorp ingevaar en rommel opgetel.

Rdl Ueckermann het die skole en die publiek bedank wat by die projek ingeskakel het.

“As elkeen in die dorp net ‘n klein bydrae maak sal dit op die einde van die dag ‘n groot verskil maak,” het sy gesê.

Sy het bygevoeg dat onwettige storting aangemeld kan word deur 086 054 3000 te skakel.

Kyk hier na die foto’s van: 

“Rommel-dag”

Laerskool Dalview

Hoërskool Stoffberg

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button