Local newsNews

Solidariteit Helpende Hand bring Kersvreugde

Solidariteit Helpende Hand se Alberton tak het Saterdag baie harte verbly toe hulle besoek aan The Loved One’s of God Family Care Centre in Brakpan Noord gebring het.

“Die tak wou vanjaar, met die oog op die feesseisoen, iets besonders vir pensionarisse en gesinne doen,” het Judi Muller van Solidariteit Helpende Hand gesê.

“Ons het toevallig van The Loved One’s of God Family Care Centre te hore gekom en na ’n paar besoeke besluit dat 148 minderbevoorregte volwassenes en ongeveer 25 kinders getrakteer gaan word met die lekkerste Kersparty wat hulle vir altyd sou onthou.”

“’n Paar ondersteuners het die tak met wonderlike skenkings geseën en dit was vir ons moontlik om die inwoners heerlik te bederf.”

Daar was onder andere kleurvolle Santa skoenbokse propvol lekker eetgoed, rugsakke en skryfbehoeftes vir skoolgaande kinders, hondebeskuitjies vir die inwoners wat honde besit, asook heerlike eet- en drinkgoed wat al die inwoners deur die loop van die oggend kon geniet.

“Helpende Hand taklede het self ook pryse geskenk vir die pret kompetisies wat gehou is,” het Muller gesê.

“Helpende Hand Alberton wil almal opreg bedank vir hul onbaatsugtige omgee ondersteuning deur middel van hul skenkings, asook die vrywilligers wie gaan help het.”

“Almal het die oggend baie geniet en lekker geëet. Op verskeie maniere het die Kersparty menige harte verbaas maar ook verryk,” het Muller gesê.

 

Lees ook: Ondersteun Helpende Hand só

Vrywilligers sorg dat bejaardes lekker eet

Brakpan Helpende Hand reik uit

 

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button