MunicipalNews

Die plek is net geskik vir ’n gruwelfliek

Ongelukkig van Brakpan-sentraal skryf:

Ek sien die Ekurhuleni metro is nou besig om die kiosks in die wandellaan af te breek.

Ek en my man het vir baie jare een van die kiosks gehuur en goed verkoop om ’n paar rand te maak. Daar was ook baie ander mense wat die kiosks gebruik het om ’n bestaan te probeer maak.

Toe begin dinge sleg gaan en niemand het niks gedoen om te sorg dat die kiosks nie vergaan nie.

Toe het hawelose mense oorgeneem en nou is dit die einde.

Ek onthou nog die dae toe daar lank gelede, elke Saterdag vermaak in die wandellaan was. Die plek was vol lewe. Nou is dit ’n vrot spul.

Ek hoop maar net dat die metro alles gaan afbreek en verwyder en die plek so laat dat niemand meer daar kan slaap of wegkruip nie.

(Brief verkort).

Lees ook: Twee beseer toe staalstruktuur in ou wandellaan val

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button