Local newsNews

Slordige plek oorskadu goeie diens

Elsa Vermeulen skryf per e-pos:

Ek en my man moes onlangs ons bestuurderslisensies laat hernu en uit vorige ondervinding en vanweë almal se klagtes het ons erg opgesien na die taak.

Groot was ons verbasing toe ons by die plek aankom en vind dat daar nie ’n baie lang ry was nie.

Ons is vriendelik ontvang en presies gesê wat om te doen en waar om te wag.

Die persoon wat ons oë getoets het, was ook vriendelik en behulpsaam.

Ons was binne ’n uur klaar.

Wat my wel so bietjie gepla het, is die toestand van die plek waar ons moes parkeer.

Dit lyk darem regtig baie treurig met onkruid wat oral welig groei.

Ek sal voorstel dat iemand in diens geneem word om op ’n permanente basis die plek in stand te hou.

Lees ook: Ou skedonk is verwyder

Volg ons:

Instagram
Twitter
Facebook

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Brakpan Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button