Editor's choiceLocal newsNews
Kuns kompetisie versterk bande
’n Kuns kompetisie wat onlangs deur die Brakpan gemeenskap polisiëringsforum (GPF) van stapel gestuur is, is goed ondersteun deur die jong mense van die dorp.
Adel de Jager, skakelbeampte van die GPF, het gesê dat skole van die dorp wonderlike samewerking verleen het en dat daar uiteindelik 488 inskrywings ontvang is.

“Ons is baie dankbaar teenoor die hoofde van die skole wat die projek goed ondersteun het,” het de Jager bygevoeg.
Die doel van die kompetisie was om bewusmaking oor misdaad in die kollig te stel maaar ook om die verhouding tussen die GPF en jonger mense van die dorp te versterk.

Wenners in die verskillende kategorieë is Saterdag by die Mall@Carnival aangekondig.
Lees ook: Kleintjies deel Paaseiers uit
Follow us:
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!





