Heinz Jentsch - My vrou kan enige tyd weer met my in haar trourok trou. Sy het 'beautiful' gelyk en niks sal my meer gelukkig maak as sy weer in dieselfde rok trou nie.
Magriet Bosch – Ek glo nie ek sal weer in my trourok kan pas nie, maar ek sal in elk geval nie weer in hom wil trou nie omrede hy al lankal uit die mode is.Jan Jacobs – My vrou mag maar weer met my in dieselfde rok trou, maar ek sal graag vir haar ‘n nuwe een koop want ek weet sy sal nie weer in dieselfde rok wil trou nie.Francina Hutchinson – Nee ek sal nie weer in my ou trourok trou nie. Ek glo nie ek sal weer in hom pas nie en hy is ook nie meer in die mode of so mooi soos die nuutste rokke nie.Heinrich Holzhausen – Ek was nog nooit getroud nie, maar as ek my vrou eendag twee keer kan trou, sal ek nie omgee as sy in dieselfde rok trou nie.